Graaf (werktuig)

Twee grawe: die kleiner graaf word vir kleigrond gebruik en die groter graaf vir meer sanderige grond of leemgrond.

'n Graaf is 'n werktuig wat ontwerp is vir om in die aarde te grawe. Die eerste grawe was uit gekerfde hout vervaardig. In die tydperk van die Sumeriërs is ystererts gebruik om 'n skerper en meer doeltreffender punt te maak. Voor die vervaardiging van metaalgrawe was die gebruik van 'n graaf nie 'n uiters doeltreffende manier om aarde te verskuif nie, maar met die koms van die ystergraaf het grootskaalse konstruksie (gepaard met die nodige aantal werkers) 'n moontlikheid geword.

Die graaf se naam dui op die funksie van die graaf: om in die aarde te grawe. Die woord kan ook gebruik word om 'n hoeveelheid aan te dui ("twee grawe sand") of verwys na die lengte van 'n graafblad ("hy spit twee grawe diep").


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search